Posbeskrywing: Kantooradministrateur
Inleiding
Ons is op soek na ’n praktiese, energieke en verantwoordelike Kantooradministrateur / Ontvangsdame om deel te vorm van die Menslike Hulpbronne- en Administrasie-afdeling van 'n tegnologiemaatskappy. Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die HR-bestuurder rapporteer en in Sandton gebaseer wees.
Hoofverantwoordelikhede
Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir die volgende:
- Toesig hou oor daaglikse kantoorbedrywighede om doeltreffendheid en orde te verseker.
- Telefoonoproepe en e-posse hanteer en navrae na die toepaslike afdeling of werknemer verwys, volgens die aard van die versoek.
- Kliënte en besoekers verwelkom en na kantore of vergaderlokale verwys.
- Reisreëlings vir werknemers tref soos en wanneer nodig.
- Verseker dat daaglikse administrasie, rekordhouding en liassering akkuraat en op datum is.
- Petrolstro...