Badisa Citrusdal is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland).
Kandidate wat Badisa se waardes onderskryf en oor die volgende vereistes beskik, kan aansoek doen:
Graad of Diploma in Maatskaplike Werk
Registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe (SACSSP) as maatskaplike werker
Heg asseblief bewys van SACSSP-registrasie en betalingsbewys vir 2025/2026 aan
Geldige bestuurderslisensie
Ondervinding van Kinder- en Gesinsorgwerk
Kennis van statutêre prosedures ingevolge die Kinderwet en verslagskrywing
Vermoë om gevalle-, groep- en gemeenskapswerk op ‘n gebalanseerde en geïntegreerde wyse te verrig
Vermoë om binne spanverband sowel as onafhanklik te funksioneer
Goeie rekenaarvaardighede
Ruim verlofvoordele
Mediesefonds
Pensioenskema